• Manne van die Woord Passie vir Siele
  • Manne van die Woord Dagboek
  • MVDW Takke
  • Vroue van die Woord

Wie is Manne van die Woord

Ons is net gewone manne wat interkerklik saamkom om te bid, te ontvang, te groei, en mekaar te ondersteun.

Passie vir Siele!

Manne van die Woord is 'n interkerklike gebeds- en ondersteuningsgroep waarvan manne landwyd; wat in 'n passievolle verhouding met die Here Jesus Christus staan, en wat hul regmatige posisies as konings, priesters en profete in hul huise, werksplekke, gemeentes en gemeenskappe inneem en dat ons aanspreeklikheid aanvaar vir ons dade en besluite.

Ons help die manne om in ‘n verhouding met die Here te staan, wat sal uitvloei na hul huise, werksplekke, kerke en gemeenskappe. Die man moet koning, priester en profeet wees. Ons glo dat as ‘n man uitgesorteer is, sal alles daarna in lyn wees met God se orde.

Manne van die Woord Video - Promo

ONS VISIE

Ons visie is: Siele vir Jesus!

Passie vir Siele
Ons het 'n passie om die manne toegerus te kry om hul plek in hul gesinne in te neem, om die Pa te wees vir sy gesin soos wat God dit beskik het; om by hul werksplek die lig te wees en om "Jesus" te wees vir die wat nog nie die Waarheid ken nie. As manne wil ons saam leer hoe om effektief te bid. Ons harte is om alle manne wat honger en dors na Christus, op die pad te kry sodat hulle weer op hul beurt, ander kan help .

Passie vir siele - Siele vir Jesus.
Evangelisasie & Dissipelskap
Die platform waar mans rondom God se Woord gons en die ruimte waar hulle kan ontwikkel tot volle volwassenheid in Christus. Manne van die Woord word 'n kanaal waardeur mans hulle omgewing transformeer.
Missie & Belydenis {ONS GLO}
Manne van die Woord wil die mans in Suid Afrika bewus maak dat hulle konings, priesters en profete in hulle huise moet wees, want as hulle huise in orde is, kan hulle 'n verskil maak in die gemeenskappe waarin hulle verteenwoordig is en kan ons land verander. Verder weet ons dat die huwelik is die hart van die gemeenskap en as jou huwelik & gesin (me and my house - we will serve the Lord) in orde is dan sal jy in 'n verhouding met Hom wandel.
Visie600 vir MvdW Takke
Visie600 is ‘n Koninkryk Visie wat die uitbreiding van Manne van die Woord takke landwyd aanmoedig en uiteindelik poog om in elke dorp en stad ‘n Manne van die Woord tak te vestig. MvdW Nasionaal bemagtig en bied verskeie ondersteuningsdienste aan alle takke en hul lede. Vestiging van strukture en aanstellling van funksies om die nodige dienste te lewer. Benodig takke se inkoop/bydrae om die Visie te finansier.

Download Visie600 Tak Ooreenkoms



Byeenkomste 2018

Spesiale geleenthede en Nasionale byeenkomste

Mabula Mannekampe

Bespreek gerus 'n plekkie vir ons Mabula Mannekamp. Vind plaas 24-26 Augustus 2018.

Bok & Biltong aande

Kom kuier saam met die legendes en sien hoe God deel is van hul lewens. Die volgende Bok & Biltong aan vind plaas in Centurion, Leriba Lodge, 15 November 2017.

Takke

Meer oor MvdW Takke

Manne van die Woord kom elke week bymekaar in verskillende dorpe en alle mans word uitgenooi om deel te word van hierdie lewensveranderende byeenkomste. Die byeenkomste het sy oorsprong in Pretoria gehad, maar deur die genade van die Here, het dit al landswyd uitgebrei, dat ander dorpe & stede ook Manne van die Woord-byeenkomste hou!

Onthou.....Manne van die Woord probeer nie kerk wees nie en is interdenominaal en interkerklik! Ons is maar net gewone ouens wat interkerklik saamkom om te bid, te ontvang, te groei en mekaar te ondersteun.

Lys van Takke

Begin 'n nuwe tak Starterpack

Om 'n nuwe take te begin kontak admin@mannevandiewoord.com vir meer inligting.

Download Starterpack




Manne van die Woord

Watcha.biz “Live Streaming” App

Ons stel graag die “Live Streaming” konsep aan u bekend. Dit stel julle ouens wat nie die weeklikse mannebyeenkomste kan bywoon nie, instaat om dit “live” te kan volg en/of weer daarna te kyk.

Hoe werk dit?

  • Download die MVDW Watcha Application op jou selfoon. "Links Hier onder".
  • Jy installeer die gratis Watcha toepassing op jou selfoon.
  • Registreer as verbruiker.
  • Koop krediete en kyk herhaaldelik na die video.
  • Watcha proses - http://watcha.biz/learn-how-to-use-our-app.html
  • Download Watcha App hier onder

    MVDW Watcha - Promo

    Borge

    Dankie aan Manne van die Woord se Borge.

    074 092 5364

    779 Grotius street, Emperors Estate, Moreleta, Pretoria

    admin@mannevandiewoord.com